Wapen | Kaart |
---|---|
Basiese gegewens | |
Land: | Finland |
Provinsie: | Suid-Finland |
Munisipaliteite: | 24 |
Hoofstad: | Helsinki |
Oppervlak: | 6 770 km² waarvan land: 6 371 km² |
Bevolking: | 1 600 131 (30 September 2014) |
Bevolkingsdigte: | 251,2 inwoners per km² |
Uusimaa [ˈuːsimɑː] (Sweeds Nyland [ˈnyːland]) is een van Finland se twintig administratiewe landskappe. Uusimaa maak tans deel uit van die provinsie Suid-Finland; die vroeëre provinsie Uusimaa met die landskappe Uusimaa en Oos-Uusimaa en die westelike gedeelte van die landskap Kymenlaakso is as gevolg van die administratiewe hervormings van die jaar 1997 ontbind.